Support & Downloads

Quisque actraqum nunc no dolor sit ametaugue dolor. Lorem ipsum dolor sit amet, consyect etur adipiscing elit.

s f

Contact Info
198 West 21th Street, Suite 721
New York, NY 10010
youremail@yourdomain.com
+88 (0) 101 0000 000
Follow Us
Socialise with us:
Tru-Cape's Calla du Toit is featured.

Leef in Oorwinning – From November 2016 issue of Lééf met Hart & Seil.

Tru-Cape grower Calla du Toit is featured.

Tru-Cape grower Calla du Toit is featured.

Leef in Oorwinning – From November 2016 issue of Lééf met Hart & Seil.

God praat op verskeie maniere met ons en Sy stem is dikwels nêrens so duidelik nie as in die natuur. Leer by ‘n appelboom, meen ‘n egpaar wat met appels boer in die Witzenbergvallei buite Ceres, en weet: die koudste, strafste winter bring volgende jaar die seën van die grootste oes.

Calla (44) en Orla du Toit (40) kén die uitdagings van boer. Dis enige boer se nagmerrie om ‘n ganse oes op een slag in ‘n haelstorm te verloor, maar dis presies wat die Du Toits van Ouplaas in 2013 oorgekom het. Hulle herstel trouens nou nog hiervan, maar vandag kan hulle getuig van ‘n geestelike verdieping wat dié tragedie meegebring het.

‘n Mens kan die Here se hand sien in hoe die Du Toits aan Ouplaas gekom het. Calla se pa Joshua (78) het as jongman op die plaas gewerk en op die pragtige natuurskoon verlief geraak. “Op daardie stadium het Ouplaas aan iemand anders behoort, maar my pa het altyd die droom gehad om eendag ‘n deel van die plaas te besit. Dit was ‘n droom wat hy nooit verloor het nie, al het hy in die genetika gaan studeer, getrou en ‘n dosentepos aan Kovsies aanvaar. Een aand bel sy skoonpa uit Ceres en my ma vertel hoe sy gekyk het hoe hy tjoepstil, woordeloos, net geluister het. Toe sy naderstap sien sy die trane oor sy wange biggel: sy skoonpa het Ouplaas pas gekoop en gevra dat hulle plaas toe kom en kom boer.”

Skoonpa het inderdaad vroeër die dag op die trappe van die poskantoor toevallig in ‘n prokureur vasgeloop wat hom vertel het van Ouplaas se koop wat deur die mat geval het omdat die plaas soveel skade opgedoen het in die 1969-aardbewing. Hy koop hom toe, net daar en dan! “Dit was die voltooiing van ‘n kringloop vir my pa en die begin van ons geskiedenis hier. My ouers het die volgende veertig jaar spandeer om Ouplaas op te bou tot die suksesvolle appel- en peerboerdery wat dit vandag is.”

Calla het in 1997 plaas toe gekom. Hy en Orla het as studente op Stellenbosch ontmoet toe Calla vierdejaar en Orla ‘n eerstejaar was. “Calla het huis toe gebel en vir sy pa gesê hy het ‘n oulike Namibiese meisie ontmoet, hy gaan maar ‘n bietjie langer swot.” Calla het inderdaad toe ‘n honneurs- en meestersgraad voltooi en die twee is kort daarna getroud. Hulle het hul vlerke ‘n bietjie gaan sprei met ‘n werkvakansie in Engeland. “Ons het altwee vir ‘n vrugte-invoerder gewerk en hier ek begin belangstel in die kommersiële en bemarkingskant van die landbou.” Terug in Suid-Afrika het hy ook betrokke geraak by Tru-Cape, ‘n uitvoermaatskappy wat behoort aan die produsente wat aan hom vrugte lewer. “Dit het vir my soveel geleenthede gebied, ek het kans gehad om wyd te reis en baie te leer.”

Hy was juis op ‘n strategiese beplanningsessie van die appel- en peerprodusentevereniging waaraan hulle behoort toe hy die nuus kry van die storm op Ceres, daardie middag van 15 November 2013. “Ek het onmiddellik gehoor daar is fout, al het my ma gesê ek moenie bekommerd wees nie, ons sal hierdeur kom.Ons ganse oes was verwoes. Daardie jaar kon ons nie een enkele karton vrugte van ons 150 hektaar uitvoer nie. Hoe takel mens so ‘n totale verwoesting? Jy regroup eers op geestelike vlak. Orla het voorturend gesê ons moenie terugkyk nie, net vorentoe.”

Sy en die kinders het gereeld in die boord gaan sit en bid vir die gesin en vir Ouplaas. Die hael het die volgende twee oeste ook beïnvloed omdat die bome so beskadig was. In 2014 moes hul hele oes in sap vewerk word en teen 2015 was net die helfte van die oes weer normaal.

“En toe slaan 2016 se droogte ons. Februarie veral was vir my moeilik. Die reënval was minder as die helfte wat dit gewoonlik is en die damme was 40% minder vol. Ek het sleg geslaap. Maar ons vriende het kom kuier en ons verseker dat hulle die pad saam met ons stap. Ek het besef dat die mens nie gemaak is om sy laste alleen te dra nie. En vandag kan ek getuig hoe die Here bonatuurlik voorsien het. Ten spyte van die watertekort het ons die grootste oes nog ooit op Ouplaas aangeteken.”

Dis in moeilike tye soos hierdie wanneer jy agterkom wat werklik belangrik is. Dinge soos familie, geloof, gesondheid. “Ek het vroeg in ons verhouding al vir Calla gesê dis my droom om vyf kinders te hê,” sê Orla. “Vandag is ons gelukkig genoeg om ‘n gesin van sewe te wees, met Joshua (12), Eliza (10), Helen (8), Orli (6) en Ben-Herman (4) wat ons lewens en harte vul. Ons is ‘n hegte gesin en van my en Calla se gunsteling-tye is in die hartjie van die snerpende Ceres-winter, wanneer die hele gesin saamkoek om die kaggel in ons kamer en gesels. Verjaarsdae is ook belangrik vir ons. Ons vergader saam in ‘n kring met die een wat verjaar in die middel. Ons bid eers en dan kry elke gesinslid kans om ‘n toespraak te maak oor die verjaarsdagmaat se positiewe punte. Grootouers speel ook ‘n geweldige rol in ons kinders se lewens. Oupa gaan ry een maal per week perd met elke kind en leer hulle ‘n liefde vir die natuur, vir diere, vir die plaas. Die kinders gaan drink aan die ander kant weer gereeld tee by ouma, wat hulle leer om fyntjies uit porselein te drink en my dogters wys hoe om ‘n dame te wees. Oupa bring elke keer as hy gaan perdry vir ouma ‘n blom uit die veld. Hoe bevoorreg is ons nie!

Dis nog ‘n opdraende pad wat voorlê voor die Du Toits kan sê hulle het die terugslae van die verlede volkome oorkom. Maar materiële voorspoed het min met hul geluk te make. “Ek kan eerlik sê, vrede in jou hart as jy saans in die bed klim gaan nie oor ‘n vol dam, ‘n vol bankrekening of ‘n groot oes nie,” sê Calla. “Dit gaan oor die wete dat ons volkome afhanklik is van God.”

6 GEESTELIKE LESSE

  1. Net omdat ons gelowig is, is dit nie te sê jou lewe gaan sonder terugslae verloop nie. Die Bybel is vol voorbeelde van gelowiges wat beproef is. Dis hoe jy daarna kyk wat jou innerlike vrede gee.
  2. Hoe kouer die winter, hoe groter die oes. Ons kan getuig van die geestelike verdieping en seën wat gevolg het op die grootste ramp wat jy jou kan voorstel.
  3. As jy die Here vir iets groot vertrou, kan jy jou droom leef. My pa het deur sy lewe nooit vergeet van sy droom om Ouplaas te besit nie. Dit het 40 jaar geduur, maar die Here het dit volbring.
  4. Om in afhanklikheid van God te leef, maak jou vry.
  5. Die Here het ons geleer om dankbaar te wees vir die gewone dinge. Die wêreld maak soveel van die buitengewone, maar aan die ánder kant van ‘n berg wat jy moeisaam moes oor is jy dankbaar vir doodgewone dag, vir elke druppel reën. En hierdie dankbaarheid verminder die druk in jou lewe.
  6. Gedeelde leed maak die las ligter. En hoe meer jy deel, hoe ligter word die las.

Post a Comment